Page 12 - UCT2012 Research Report

Basic HTML Version

10
UCT RESEARCH REPORT 2012
Bogenoemde inisiatiewe maak ’n aansienlike bydrae
tot die aanspreek van maatskaplike probleme en kan ’n
invloed hê op groei en ontwikkeling beide in Suid-Afrika
en die res van die vasteland. Benewens bogenoemde
inisiatiewe, is daar vier verdere inter-dissiplinêre,
instellingswye inisiatiewe wat ’n ewe belangrike rol in die
oplossing van huidige uitdagings speel: die Veiligheids-
en Geweld-inisiatief, die Skoolverbeteringsinisiatief,
die Afrika Klimaat en Ontwikkelingsinisiatief, en die
Armoede- en Ongelykheidsinisiatief. ’n Belangrike
mylpaal gedurende 2012 was die konferensie
Towards Carnegie3: Strategies to Overcome
Poverty and Inequality
wat namens die Nasionale
Beplanningskommissie aangebied is. Die hoofdoel van
die konferensie was om bestaande kennis en debatte
in oënskou te neem en kruisbestuiwing van idees oor
institusionele, tematiese en geografiese hindernisse
heen te stimuleer.
Een van die uitdagings in die verwesenliking van
ons ambisies in die navorsingsarena is om optimaal
geplaas te wees vir internasionale samewerking
en om globale kennis te bevorder, terwyl plaaslike
probleme terselfdertyd ook opgelos word. Dit sluit
die ontwikkeling van nuwe navorsingsvennootskappe
in, asook die versterking van bestaande verhoudings
met vennote in Afrika en elders in die globale Suide.
Navorsing wat werklik ‘n verskil in die wêreld maak word
al hoe meer gedoen deur middel van internasionale
konsortiums en samewerking. In ons pogings om
navorsingssamewerking met internasionale vennote
te handhaaf en verder uit te bou, was die Universiteit
van Kaapstad tydens 2012 steeds ’n aktiewe vennoot
in die
Worldwide Universities Network
, wat uit 19
navorsings-intensiewe universiteite bestaan wat oor
ses vastelande strek.
’n Belangrike bydrae tot die prestasies in hierdie verslag
word gelewer deur ons nagraadse studente en post-
doktorale navorsers. In 2012 was daar meer as ses duisend
studente vir honneurs-, meesters- en doktorsgrade by
die Universiteit van Kaapstad ingeskryf. Terselfdertyd
was daar 282 geregistreerde post-doktorale navorsers by
die universiteit, meer as die helfte afkomstig van buite
Suid-Afrika. Ons beskou ons mede-verantwoordelikheid
om die leiers van môre op te lei as een wat nie slegs
Suid-Afrika omvat nie, maar ook die vasteland van Afrika
as geheel insluit. So, byvoorbeeld, deur middel van ‘n
ruim skenking van die Carnegie Korperasie vir ’n projek
onder die naam ‘The Next Generation of Academics’,
word ‘n groep jong akademici opgelei in die studievelde
van aansteeklike siektes, siviele ingenieurswese en
ekonomie. Hierdie projek het ons in staat gestel om nou
saam te werk met die Universiteite van Ghana, Makerere
en die Witwatersrand.
Ek wil my dank betuig teenoor al ons skenkers, vennote
en medewerkers in navorsing vir die ondersteuning van
ons visie vir die ontwikkeling van navorsing aan die
Universiteit van Kaapstad. Dit is te danke aan hierdie
individue en organisasies, en inderdaad die werk van
die hele universiteitsgemeenskap, dat ons in staat is om
steeds navorsing van wêreldgehalte te lewer. Dit is ons
voorneme om vorentoe strategies betrokke te bly by die
veranderende hoëronderwys-landskap in Suid-Afrika en
om navorsingsvennootskappe regoor Afrika en die res van
die wêreld te bou ten einde optimaal gestalte te gee aan
ons toekoms.
Leading women scientists at UCT: Professor Jill Farrant of the Department of Molecular
and Cell Biology holds an A rating from the National Research Foundation. Professor
Farrant was the African/Arab States recipient of the 2012 L'Oreal-UNESCO Award for
Women in Science. Her research revolves around resurrection plants – plants that
appear to die in drought, but recover dramatically within 24 to 48 hours after rain, even
after a year in a dry state. The potential outcome of her work, the production of drought-
tolerant crops, has the aim of addressing food security needs in Africa.