Page 11 - UCT2012 Research Report

Basic HTML Version

9
Introduction
Boodskap van die
VISE-KANSELIER
DR MAX PRICE
Vise-kanselier
Dit is die Universiteit van Kaapstad se verantwoordelikheid om
te verseker dat haar navorsing en innovasie nuwe kennis skep
en grensverskuiwend is ten behoewe van die ontwikkeling en
transformasie van die samelewing en die beskerming van die
aarde. Ons navorsers het in die afgelope jaar weereens hierdie
plig uitstekend vervul en dus verskaf dit my besondere plesier
om hierdie verslag, wat die uitnemendheid van die Universiteit
van Kaapstad se navorsing tydens 2012 beskryf, aan te bied.
D
ie Universiteit van Kaapstad verskaf ’n tuiste aan ’n uitsonderlike groep
navorsers, wie se prestasies tydens 2012 hiernaas opgesom word in die
verslag van die Adjunk Vise-kanselier met verantwoordelikheid vir navorsing.
Hierdie publikasie is ’n vertoonvenster vir sommige van die mees prominente
navorsingsgebiede en inter-dissiplinêre temas wat voortdurend in alle dele
van die universiteit ontwikkel word, en wat ’n sleutelrol in ons algehele
navorsingsonderneming speel. Sommige hiervan is:
die enorme bydrae van die navorsing wat onderneem word in sterrekunde as deel
van die nasionale vlagskip-projekte van die MeerKAT (
Karoo Array Telescope
) en
die SKA (
Square Kilometre Array
)
radioteleskope, as deel van een van die grootste
wetenskaplike eksperimente van alle tye;
baanbrekersnavorsing wat direk betrekking het op die nasionale beleid gemik op
die vermindering van armoede en ongelykheid asook die bevordering van groei;
wêreldleidende navorsing deur die Instituut vir Infeksiesiektes en Molekulêre
Medisyne (IIDMM);
nuwe navorsing oor die skep van digitale tegnologie om die ontwikkelingsprobleme
binne die samelewing aan te spreek, veral probleme wat nie in ontwikkelde
ekonomieë (waar die meeste van die wêreld se tegnologie geskep word) bestaan
nie; en
innoverende navorsing ivm waterbehandeling wat ’n impak maak op ‘n wye
verskeidenheid van sektore, wisselend van nywerheids- en kommersiële toepassings
tot ’n meer direkte impak op die lewens van alle Suid-Afrikaners.
Waarskynlik was een van die grootste hoogtepunte onder die Universiteit van
Kaapstad se navorsingsprestasies gedurende 2012 die keuse deur
Medicines for
Malaria Venture
(’n internasionale nie-winsgewende stigting wat geskep is om nuwe,
bekostigbare malariamiddels te ontdek, te ontwikkel en af te lewer deur middel van
doeltreffende openbare–private vennootskappe) om ’n molekule met die kodenaam
MMV390048 verder te ontwikkel. Hierdie belowende nuwe chemiese verbinding wat
deur die Universiteit van Kaapstad se H3-D sentrum ontwikkel is, toon kragtige
werking teen verskeie fasette in die malaria-parasiet se lewenssiklus. Dit beteken
dat dit nie net die potensiaal het om deel te wees van ’n enkeldosis-geneesmiddel
teen malaria nie, maar moontlik ook in staat sou kon wees om die oordrag van die
parasiet van persoon tot persoon te verhinder. Dit is die eerste chemiese verbinding
wat op Afrika-bodem tot die voorkliniese-fase ontwikkel is.